Gr 12 RTT-leerders
Hoop julle is almal gesond en hard aan die werk. Hier kom nou ‘n lekker opdrag vir julle. Doen die volgende in julle werkboeke. Datum en die opskrif: AFKORTINGS/AKRONIEME EN DEFINISIES.
In julle pers boeke vanaf bls 2 – 50 (ek glo dit sal ook in die blou boeke wees en dalk meer volledig), gaan dit deur en soek elke afkorting/akroniem met sy definisie. Skryf dit dan volledig in jou boek.
Bv. GUI – graphical user interface: maak dit moontlik om met die rekenaar te kommunikeer en grafiese elemente te selekteer.
Bv. SVE – sentrale verwerkingseenheid: doen al die verwerkings van die rekenaar.
Ek gaan ook ‘n volledige lys maak, dan kan ons met mekaar vergelyk. Dit gaan baie help om julle punte te verbeter.
Mooi loop en wees veilig
Juf. Pottie (Oumi)
-
RTT Afkortings en definisies